Mar
16
Sat
2019
Ouma Ossewania Praat Vuil (in Afrikaans) – a work in progress with Pieter-Dirk Uys:
Mar 16 @ 19:00

OumaDaar is drie Poggenpoels in Pieter-Dirk Uys se lewe: Evita Bezuidenhout gebore Evangelie Poggenpoel in 1935, haar suster Bambi Kellermann gebore Sarie Baby Poggenpoel in 1938, en Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel gebore tydens die Boere Oorlog en moeder van die twee legendes. OUMA OSSEWANIA PRAAT VUIL is ‘n ander soort storie. Die ou tannie, Ouma Ossewania, nou oor die 100 jaar oud, sit en wag vir haar beroemde dogter, Evita. Sy kyk terug op haar lewe met woede. Sy het geglo apartheid was ‘n gawe van die Allerhoogste and nou vind sy uit dat dit nie so was nie. Syt haar lewe gemors op ‘n leuen. Nou is dit te laat om met die tuinjong te slaap. Of is dit? Die tuinjong is nou burgermeester! Ouma Ossewania gebruik haar geliefde Afrikaanse taal met passie en sonder verskonings. Ek vloek nooit as ek praat nie. Net as ek dink. Soos nou is haar verduideliking.

Kom sien haar voor sy vrek!