elandre

Elandré Schwartz was born in Despatch in the Eastern Cape. After posting a video online of his rendition of ‘Tougher than the rest’ in October 2016, he received over 800k views and landed a record deal.

elandre

Darling resident Angelique Rosant writes about Elandre’s concert at Evita se Perron – “Kan dit die Gin en Tonic wees of is dit bloot net Elandré Schwartz (aka Kleindorp-Dromer)?

Krag onderbrekings maak die gehoor effe vies, maar dit stop nie die talentvolle kunstenaar om sy gawe met ons te deel en nog meer uit te haal en wys nie. Die akapella of soos hy se ‘akapoko’ het die ondervinding tussen hom en die gehoor (nou al deelneemers) meer persoonlik gemaak.

Hy is jonk en mens sou dink dat hy soos ander tantrums gooi, maar terwyl hy ons aandig gehad het kon hy ons laat lag in sy krisis.

Almal van ons was op sy klein dorpie van los dinge tot op die laaste minuut – mamma wat gil op jou, sy liefdes dedication aan spesiale getroudes was net een hoogtepunt, maar sy liefde vir Afrikaanse lied was heeltemal asemrowend, die mense het gejuig en hande geklap na die eerste paar note!

Sy besluit dat Tannie Evita gaan ‘flip’ oor haar klavier wat iemand so beroemd soos hy gaan gebruik van maak, het ons almal laat lag dat die trane loop. Hy’s voorwaar braaf en het ook ‘n baie vermaaklikheidsin.

Terwyl ek foto’s neem van hierdie blond – met sy cowboy boots- hoor ek ‘n dame praat oor sy stem en hoe hy sy note van elke komposissie perfek toon. Hulle dink soos ek …dis pragtig. Mense was verstom wat hom nog nooit gehoor het nie en ook later heeltemal saam op dieselfde vlak van elke noot.

Tussen deur gee die oulikste jong dame ‘n spierwit servet sodat hy so bietjie sy sweet kon afvee en ook later haar plakaat kon teken. Haar hartklop is gevang in my kamera lens soos sy opkyk na Elandré.

Ek kon self my ooh’s en aah’s nie inhou nie, maar so ook elke ander dame wat uit die gehoor gil. Hulle benei hom en sy kristaldiep stem. Lag ek toe vir die mans- hulle kon nie wegsteek dat hulle hom geniet nie.

Voor sy afsluiting stuur hy ons (amper) huistoe met “It is well with my soul”. Die man is fenomenaal!

Rye dames-oud, jonk, blond, brunet- kry hulle plakkate en queue dadelik vir ons eie Elandré se handtekening.  Hy was glad nie lui nie, en voor die aand verby was en foto’s kla geneem was was daar tequila’s geniet.

Dit was die jongste aand!

Bring jou stem nie jou digitale nie!”

Admin Perron
Evita se Perron is a Theatre/Restaurant in Darling at the Old Darling Station, 8 Arcadia Street. Just an hour from Cape Town. You can see Pieter-Dirk Uys, Tannie Evita Bezuidenhout and Visiting artists close up on stage.